vlokskop projects

Helpende Hand Studiefonds 2024

Ons het hande gevat met Helpende Hand Studiefonds omdat hulle die perfekte konsep reeds in plek het om Studente te finansier. Tans is ons bevoorreg om 9 Studente finansieel te ondersteun. 

Suray van Heerden

BSc Wingerd en Wynkunde

Ek is n 2de Jaar student by Stellenbosch universiteit, net die beste plek om Wingerd en wynkunde te studeer. Ek geniet die buitelewe en hou van foto's neem en draf.Ek geniet dit om by wynkelders uit te help en het n passie vir wyn en hoe dit gemaak word van die druif tot dit in my glas is. Ek kan net dankie sê vir Vlokskop Studiefonds wat my droom om eendag n suksesvolle wynmaker te kan wees bewaarheid deur my finansieel te ondersteun in my studies.Kan nie wag om my passie na te streef met hierdie studie geleentheid nie.

Janco Stoltz

Ek is ‘n eerstejaar Bcom bestuurswetenskap student by die universiteit van Stellenbosch. Ek is ‘n avontuurlustige mens wat hou van verken en tyd spandeer saam vriende. Ek geniet sport en is ‘n plaas-liefhebber.

Wilmari du Preez

B.Pharm

Ek het grootgeword in Ellisras, 'n klein dorpie in Limpopo. Ek het my hoërskoolloopbaan voltooi in Hardekool Akademie vir CVO. Medisyne en die menslike liggaam het my van 'n jong ouderdom af gefassineer, daarom het ek besluit om Farmasie te studeer. Ek wil eendag 'n beroep beoefen waar ek met mense kan werk en waar ek mense kan help. Ek wil ook van hierdie geleentheid gebruik maak om vir die VlokSkop Foundation dankie te sê vir die studiehulp. Hulle bied my die geleentheid om meer te leer oor my passie, wat ek eendag my werk gaan maak.

Franko van Wyk

Ek is n tweedejaar megatroniese ingenieurswese student aan die Universiteit Stellenbosch. Ek is n passievolle mens wat daarvan hou om elke dag iets nuut te leer. Ek is ook baie sosiaal en werk goed met mense.

Carli Kritzinger

Bcom Forensiese Rekeningkunde
North West University

Ek is in my eerste jaar van my studies in forensiese rekeningkunde; Die Vlokskop Studiefonds help my ongelooflik baie deur vir my die geleentheid te gee om my droom te leef in universiteit om my kennis en liefde vir rekeningkunde verder te vat. Ek sou nie verder kon leer as ek nie die hulp gehad het van die studiefonds nie en ek sal altyd ongelooflik dankbaar wees vir hierdie geleentheid.

J Brand

Veeartsenykunde
Universiteit van Pretoria

Ek is in Vredendal gebore en het daar skoolgegaan tot einde gr12. My ma se werk het haar na hul Parow tak verplaas en dit was bevordering vir haar so ons het getrek. Lewensonkoste in die stad was net soveel duurder as in Vredendal. My pa kon egter ook nie weer werk kry nie. My jonger broer het ook 'n leergestremdheid wat finansiele las op die huisgesin geplaas het. My ouma bly ook by ons en my ma betaal haar mediese fonds.

Lizaan JvRensburg

BSc Sportwetenskap
Universiteit Stellenbosch

Ek is 'n 3de jaar BSc Sportwetenskap student en 'n passievolle sport-entoesias. Danksy die Vlokskop Studiefonds kan ek my belangstelling en kennis verbreed in hierdie opwindende veld. Ek is vasbeslote om my lewenslange droom om in die sportsbedryf te werk, te verwesenlik. Ongelukkig kan my ouers my nie finansieel ondersteun nie en beteken die Vlokskop Studiefonds ongelooflik baie vir my. Met VlokSkop Studiefonds se ondersteuning kan ek voortgaan om my passie na te streef, my volle potensiaal te ontdek en my drome na te jaag. Oom Vlok en tannie Marinda laat jou voel soos familie, nie net ‘n nommer nie.

Sumandi Campher

BSc Agricultural Economic Analysis & Management

Thyron Ross

STADIO - Bcom Regte

Melindi Campher

Helpende Hand Studiefonds 2025

Ons het hande gevat met Helpende Hand Studiefonds omdat hulle die perfekte konsep reeds in plek het om Studente te finansier.

Melindi Campher​

Murdoch van Wyk

Ek is tans 'n Eerstejaars Ingenieurswese student aan die Universiteit Stellenbosch. Met die hulp van die Vlokskop Foundation kan ek my passie volg, studeer en aan my toekoms bou terwyl ek die lekker deel van studentelewe ook ervaar. Ek het reeds wonderlike nuwe vriende gemaak, geniet koshuis rugby en die deel wees van 'n koshuis gemeenskap. En Vlokskop maak dit alles moontlik.

Bounty Brands

The VlokSkop Foundation received a donation from Bounty Brands of clothes and shoes from well-known brands such as Jeep, Hurley, Diesel and Vans.

The following Institutions received donations from the VlokSkop Foundation:

1. View of Hope Soccer team Worcester
2. Wupperthal Mission Community
3. Alta du Toit School
4. Camphill Village
5. Moms from Wellington
5. Labori High School Paarl
6. Huguenot High School Wellington
7. Andrew Murray Children’s Home
8. Grape Community Paarl
9. Beulah Trust
10. Jesus in Action
11. CRC Cares Paarl
12. Lieben Logistics
13. Anderson Transport
14. Smart Town Wellington
15. Gracia Child and Youth Cares Centre
16. Community Mental Health and Psychiatry

Van Wyksvlei Project

I saw on Facebook that Deon van den Berg is transforming the entire community on Van Wyksvlei. I saw some of the local rugby team that had no equipment to play rugby. I contacted them and the Foundation got involved by providing them with two (2) sets of Rugby jerseys as well as a pair of brand new socks for each player. Goodwood Rugby Club and by name Vincent Lavagna donated one set of jerseys and another set was made possible by Jannie F van Loggerenberg. Brand new pair of Umbro toks were sponsored by Tekkietown by Riaan van Rooyen. Big thanks to everyone involved

Tankwa Event

Started this project where I approached 15 Businessmen to go cycling for 3 days in the Tankwa Karoo. It took place from 7-9 April 2022. The main aim of this event was to raise as much funds as possible to finance Students for whom it is impossible to pay for their own studies. What an incredibly successful project in which everyone involved bought into our dream.

tekkies & toks

VlokSkop Foundation joined hands with Helpende Hand and the project was born from Covid where we received so many requests from parents, families, children and schools where children have almost no shoes.

This is where Tekkies & Toks project was born with Morne' Steyn as brand ambassador. In year one, we collected and distributed 3600 pairs of sneakers and toks in every region where we identified a need.

Last year we were on Toks & Tjops TV program where they handed us a check for R50 000 with which we bought and distributed sneakers and toks.

This year is year 2 with the same project and still Morne' Steyn as our brand ambassador.

Tekkies and Toks Gala evening – 28 September 2022
Guest artist – Arno Jordaan.
MC – Breyton Paulse
Panel discussion: Vlok Cilliers, Morne Steyn and Henning Gericke
The main aim of the gala evening is to raise as much funds as possible for the whole project.

View of Hope

We helped a talented soccer player, Jonathan Prins, from the View of Hope soccer club in Worcester with the donation of a pair of soccer boots to further develop his talent. They play in the local Boland league. The coach's name is Lionel Minnaar

” Ek staan vandag hier met n dankbare hart te danke aan n oud Springbok, WP en Stormers losskakel, 7’s Springbok asook die Skopafrigter vd 6 Nasie Kampioene, Frankryk, Mnr Vlok Cilliers van Vlokskop foundation. Baie dankie dat u sonder enige huiwering vir Jonathan Prins kon seen toe ek aan u deur kom klop het vir hulp. Jonathan Prins is n uiters bekwame sportman wie se talent op die sokkerveld geen perke het nie. Hy is sekerlik die mees begaafste en afgerondste speler wat Worcester opgelewer het. Sy oorlede Pa, Jacky Prins, terloops my afrigter by View Of Hope in die vroee 90’s, was in daardie jare ook gereken as een vd heel grotes wat die sokkerveld op die dorp en oral waar hy gespeel ht, betree het. Boetie jou Pa is onsettend trots op jou. Dit glo ek. Ek hoop vn harte dat hierdie paar boots vir ons sal skop tot binne in die SAB LIGA🙈. n Speler baie na aan my hart. “
Lionel Minnaar

Jumping Kids

In 2009 het ons die Celebrity Cycle Tour gedoen in Pretoria en omgewing. Ons het fiets gery, netbal gespeel teen Hoërskool Brits se Onderwysers. Ons het Suiker Kaskenades aangebied by Lephalale Mall en 2 golfdae gehad by Elements en Ephoria golfbaan. 

Alles ten bate van Jumping Kids om geld in te samel vir kinders wat Prostese nodig het na Amputasie.

Bekendes wat betrokke was, Breyten Paulse, Arnu Fourie, Arno Bota, Izak Davel, LJ van Zyl, Wynie Strydom, Helgard Muller en vele meer.

In totaal het ons R300 000 ingesamel en alles was een reuse sukses gewees.

Volmoed Plaas

VlokSkop Projek te Volmoed plaas.
Die projek wat ons daar gedoen het was om vir die onderwyseresse klere te verskaf, en vir die kindertjies skoene. Hierdie was n broodnodige skenking in die area.

SunnyKids

Die projek is by Sunny Kids kleuterskool in De Doorns waar ons vir die kinders skool skryfbehoeftes gegee het en die onderwysers klere.

VlokSkop O/15 Rugby toernooi

- Van Rhynsdorp

Dit is vir my 'n groot voorreg om deel te wees van hierdie rugbytoernooi te Vanrhynsdorps. Dit is 'n groot eer dat die toernooi bekend staan as die Vlok Skop o/15 rugbytoernooi. Die platterland lê my baie naby aan die hart aangesien ek self van 'n dorpie genaamd Carnavon af kom. My wens is dat elke speler en almal wat betrokke is dit sal geniet, die beste daarvan sal maak en goeie herinneringe sal maak. Mag julle na afloop van die toernooi voel dit was absoluut die moeite werd, dat julle baie geleer het en baie ingeneem het en kan saamneem vorentoe. Ek glo sport bou karakter en leer jou baie van die lewe en dat die rugbytoernooi ook daardie deel vir julle sal leer. Geniet die toernooi, speel lekker en maak net die beste daarvan.

-Vlok Cilliers

HS VanRhynsdorp skoolbus

2024 was ek bevoorreg om as skoolhoof te begin te HS Vanrhynsdorp. Tot my skok moes ek hoor dat alhoewel alle ouderdomme oefen, slegs n paar spanne elke week op n rotasie basis wedstryde speel. Die rede - vervoer. Ons het slegs n baie betroubare 1982 Mercedes bus. Vir my is en was dit nie reg dat rugby en netbalspanne dié hele seisoen oefen en nie dié helfte van wedstryde speel nie. Daar het my droom van nog n bus en dié busprojek begin.

Groot was my teleurstelling egter toe ek Jaco by Namakwaland garage gaan besoek het om te hoor van 2de handse Sprinters. My teiken bedrag en die werklike behoefte was ver verwyderd en sou baie langer neem as wat ek aanvanklik gedink het. Maar moed opgee , glad nie! 'n Paar weke later bel Jaco my vir n koffie. Min geweet wat sou wag, hy het genoem van dié Vlokskop Foundation en dat hulle behoeftes identifiseer, waarby hulle kan betrokke raak, sy gedagte was die busdroom! Lang storie kort Vlok het ingekoop en kort voor lank was n droom dié werklikheid. Na die funksie by Letsatsi en hulle fietsryers bydraes/borge en veiling was die koeël deur die kerk.

Die ongelooflike hieromtrent is dat Vlok geen verbintenis met die skool, dié dorp of iemand hier het nie! Daar is en was geen rede dat hulle by HS Vanrhynsdorp moes betrokke raak nie. Tog het hulle! Die oorhandiging was n absolute blessing! Ons kinders weet weer wat is HOOP! Dat enige iets deur gebed en geloof moontlik is! Twee dogters keer my na die oorhandiging voor, "Dankie meneer, en dankie vir oom Vlok! Ons hoef nie meer skaam te wees of minderwaardig voel nie! O dis lekker!" Ek dink dit som dit so mooi op, dié bus gee ons leerlinge 'n gevoel van menswaardigheid!

Vlok , jy en jou vrou is ongelooflike mense, hartsmense! Dankie vir alles wat julle vir ander beteken, mag jou Foundation net van krag tot krag gaan! Mag God julle opreg seën! Namens dié leerlinge, personeel en ouers n besonderse woord van dankie aan dié Vlokskop Foundation, Namaqua Garage, Letsatsi Lodge en Optimum Finansiële Dienste. In nederigheid het Vlok weer waarde en betekenis gevoeg by "'n Mens se woord , is 'n mens se EER!"

Greyton Rhode

At just 3 years old, Greyton Rhode faced an unimaginable challenge—he lost both of his legs. For the past five years, Greyton has bravely adapted, moving through life on his knees. But his journey is one of resilience, strength, and hope. The VlokSkop Foundation is committed to supporting Greyton every step of the way. Together with Jumping Kids, we have joined forces to provide him with prosthetic legs, ensuring he has the mobility and opportunities he deserves. This partnership is not just for today; we are dedicated to standing by Greyton's side until he reaches adulthood at 18 years old.

Reg vir die wedstryd -

At just 3 years old, Greyton Rhode faced an unimaginable challenge—he lost both of his legs. For the past five years, Greyton has bravely adapted, moving through life on his knees. But his journey is one of resilience, strength, and hope. The VlokSkop Foundation is committed to supporting Greyton every step of the way. Together with Jumping Kids, we have joined forces to provide him with prosthetic legs, ensuring he has the mobility and opportunities he deserves. This partnership is not just for today; we are dedicated to standing by Greyton's side until he reaches adulthood at 18 years old.

Langehoven Gimnasium Oudtshoorn

By die VlokSkop Foundation is ons trots daarop om jong talent te ondersteun en te inspireer. Dit was vir ons ‘n voorreg om rugbytokse, broekies en sokkies te borg vir vier toegewyde o.14 rugbyspelers.

 

Ons was ook ongelooflik beïndruk met Jacques Berry (slegs 14 jaar oud) se fenomenale skop van amper 55m!

 

Ons glo in die toekoms van jong rugbyspelers en sien uit daarna om nog groot oomblikke saam te beleef!