VlokSkop Aflos – Kilometers van Hoop, Trap Saam – Gee Saam
Die VlokSkop Foundation-span neem deel aan ’n unieke fietsaflos-uitdaging teen Breyton paulse en sy Toks & Tjops-span
Alles vir ’n groter doel... Om fondse in te samel vir studente wat nie hul studies kan bekostig nie.
Die Uitdaging
Wegspring: Bloemfontein, Woensdag 26 November 2025 om 12:00
Eindpunt: Doolhof Wyne, Wellington – Maandag 1 Desember 2025 voor 12:00
Tydsraam: 5 dae om die uitdaging te voltooi
Die Formaat
10 ryers in totaal
2 ryers ry saam per skof – in ’n aflosformaat
5 skofte in totaal
Finale skof: Die hele span ry saam oor die eindstreep om medaljes te ontvang
Die Doel
Ons ry vir ’n rede: om R500 000 in te samel om studiebeurse te befonds vir studente wat dit nie self kan bekostig nie. Jou bydrae kan ’n jongmens se toekoms verander.
Hoe kan jy betrokke raak?
Besighede en individue is welkom om:
Te borg per kilometer
Direkte donasies te maak
’n Artikel 18A-sertifikaat vir belastingdoeleindes te ontvang
Elke rand tel – en elke kilometer bring ons nader aan hoop vir ons land se jeug.
