Cycle with VlokSkop
Cycle with VlokSkop 2024
Die derde jaar van Cycle with VlokSkop, was weereens net 'n groot sukses.
Die manne het laasjaar dit so geniet by die Letsatsi Lodge in Van Rhynsdorp - ons het dit sommer weer daar gehou.
Hierdie jaar se vermaak was gebring deur niemand anders as Juan Boucher, en spesiale gas Ryno Velvet.
Die Gifberge was weereens 'n groot, maar heerlike uitdaging vir die manne.
Dit was een reuse sukses en alle fondse wat ingesamel was het gaan na die VlokSkop Foundation om vir Hoërskool Van Rhynsdorp 'n nuwe bus te kon aanskaf.
Baie dankie vir elke borg en elke persoon wat betrokke was om hierdie event groot sukses te maak.
Baie dankie
Vlok en Marinda Cilliers
























































Cycle with VlokSkop 2023
Vanjaar was dit die 2de jaar wat ons die “Cycle with VlokSkop” gehou het. Hierdie jaar het ons dit by Vanrhynsdorp gehou en afgeskop met groot funksie / veiling Woensdgaand die 12de April.
Gian Groen en sy orkes het opgetree.
Ons het Donderdag ogg die 13de April weggespring by “The Good Store” waar slegs 20 genooide fietsyers vertrek het na die Gifberg waar ons fiets gery en ook gebly het vir 2 dae by Giberg Holiday Farm.
Dit was een groot reuse sukses en alle fondse wat ingesamel was het gaan na die VlokSkop Foundation om Studente se Studie lenings te betaal wat dit nie kan bekostig nie.
Ons het vanjaar baie suksesvolle “event” gehad en baie naby aan R400 000 ingesamel.
Baie dankie vir elke borg en elke persoon wat betrokke was om hierdie event groot sukses te maak.
Baie dankie
Vlok en Marinda Cilliers




















